0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (7)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 9 of 9 matches in All Departments

Hemel En Aarde En Ons (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Hemel En Aarde En Ons (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R300 R219 Discovery Miles 2 190 Save R81 (27%) In Stock

Dat die dokter wat mynbaas Hans-Peter Kranz aangestel het al die tyd ’n vrou is, het die dorpenaars op Kolmanskop vroeg in die twintigste eeu heeltemal oorhoops. Dokter Alexandra Stackelberg kom om die x-straalmasjien by die diamantmyn te bedryf – nie bloot om mediese redes nie, maar ook om diamantdiewe vas te trek. Haar werk raak ’n morele dilemma en twee mans ding mee om haar aandag, terwyl oorlogswolke op die horison saampak...

Soos Kolmanskop se mense deur die sand sif na diamante, so sif een van hulle later jare deur herinneringe, op soek na sekerheid en die waarheid agter een van hulle se dood.

Hemel en aarde en ons is ’n whodunit met ’n konsepsuele kinkel, ’n verkenning van identiteit, bewussyn, verwording en vergetelheid.

Geheim Van Die Gruwel Sand (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Geheim Van Die Gruwel Sand (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Moordenaars. Afpersers. Nazi’s in die Namib. En dis by verre nie die ergste waarmee die diamantsmokkelaar Barra Nel te kampe het nie.

Nie as die Nazi-navorsers se eksperimente skeefloop en liederlike gedrogte in die woestyn ontketen nie. Dis gevaar net waar jy kyk. En hoe gaan hy vir Hedda red, die Duitse wetenskaplike wat smeulende gevoelens in hom ontlok?

Geheim Van Die Gruwel Sand is ’n barre konkoksie van lekkerlees-genres: ’n skop-skiet-en-wonder-storie.

Een Of Ander Held (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Een Of Ander Held (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In November 1905 beskryf ’n Windhoekse koerant Siegfried Bock as ’n nuwe soort held. Maar die moordenaar wat hy voor die hof gebring het se advokaat stel Siegfried in ’n heel ander lig. Boonop is oberleutnant Berghammer en die Namakryger Jager Orlam albei daarop uit om Siegfried te laat boet. En dan is daar die burokraat Stauffacher met sy ondraaglike planne. Siegfried sien nie uitkomkans nie. Maar daar móét een wees, veral noudat liefde vir hom wink . . .

Die Onsigbare Pou (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Die Onsigbare Pou (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In die 1980’s verower die sanger genaamd Ober die Afrikaanse musiektoneel.

Jare later belig sy vriend en agent, Sybie de Waal, Ober se lewensloop in ’n plakboek van woorde – van hulle skooldae af, deur die jare toe Obermania die publiek beetgepak het, tot die terreurdaad toe alles tot ’n einde kom.

Die onsigbare pou is ’n verhaal van ambisie en kreatiwiteit, roem en anonimiteit, vriendskap en verraad. In Zirk van den Berg se pittige, poëtiese vertelstyl.

Tweegevreet (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Tweegevreet (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R355 R305 Discovery Miles 3 050 Save R50 (14%) Ships in 4 - 8 working days

In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. 'Tweegevreet bied, soos sy voorganger, Die vertes in, spanning én stof tot nadenke.

Ek Wens, Ek Wens (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Ek Wens, Ek Wens (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 4 - 8 working days

As lykbesorger by White Lily Funerals het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, bene gekonnekteer en wasbleek gesigte gegrimeer vir die laaste besigtiging deur roubeklaers. ’n Mens het jou werk en jy doen dit, dit help nie om vir ander goed te wens nie, of hoe?

Nietemin wens Seb wel af en toe vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan – nie net by die werk nie, maar ook tuis waar hy, sy vrou en tienerkinders verby mekaar leef.

Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, begin Seb tog in wense glo . . .

“’n Fabel vir moderne tye. ’n Heerlike verhaal.” – Kerneels Breytenbach.

'n Ander Mens - 'n Misdaadroman (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe): Zirk van den Berg 'n Ander Mens - 'n Misdaadroman (Afrikaans, Paperback, Film Uitgawe)
Zirk van den Berg 1
R335 R288 Discovery Miles 2 880 Save R47 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier om te sorg dat mense in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. Sy vermoor hulle. En wanneer die gewese kriminele oorgaan van ’n lewe van misdaad na dié van versteekte staatsgetuies, is daar niemand wat na hulle soek nie. Maar dan kry sy opdrag om Daniël Enslin te versteek, en so ’n getuie het sy nog nooit teëgekom nie.

En skielik is dit vir Erica ook ’n taak van lewe en dood, want nou ken Daniël haar geheim.

Wenner van die eerste KykNET-Rapport Boekprys in die Film-kategorie, nou tot rolprent verwerk.

Die Vertes In (Afrikaans, Paperback): Zirk van den Berg Die Vertes In (Afrikaans, Paperback)
Zirk van den Berg
R360 R309 Discovery Miles 3 090 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Duits Suidwes-Afrika, 1905. ‘n Tyd van oorlog en beroering.

Die tengerige Siegfried Bock kom as soldaat na die protektoraat om sy staal te wys. Maar hy word gou ontnugter toe hy vergrype aanskou wat hy nie kan vergeet nie. Lisbeth Löwenstein is hier om met ’n man te trou wat sy skaars onthou, ’n setlaar wat vir haar armlastige ouers geld gestuur het om haar tot vrou te neem. Mordegai Guruseb ontsnap uit ’n konsentrasiekamp waar gevangenes van ontbering omkom. Maar kort voor lank word sy vryheid weer bedreig. En dan is daar die mislukte dokter Albert Pitzer wat homself ’n wetenskaplike ag en hoop om data te versamel wat sy teorieë staaf. Alvaus Luipert, ’n plaaslike skoolmeester, duld egter nie sy arrogante aannames en vernederende metodes nie.

In die uitgestrekte, majestueuse landskap van Duits Suidwes-Afrika word dié vyf mense se lot vervleg en elkeen se menslikheid word tot die uiterste beproef.

Parts Unknown (Paperback): Zirk van den Berg Parts Unknown (Paperback)
Zirk van den Berg
R385 R331 Discovery Miles 3 310 Save R54 (14%) Ships in 4 - 8 working days

German South-West Africa, 1905. A time of war and upheaval. The frail Siegfried Bock comes to the protectorate as a soldier to prove his mettle. But soon he becomes disillusioned when he witnesses atrocities he cannot forget. Lisbeth Löwenstein is here to marry a man she hardly remembers, a settler who has sent money to her impoverished parents in exchange for her hand in marriage. Mordegai Guruseb escapes from a concentration camp where prisoners are dying from deprivation. But before long his freedom is threatened once again.

And then there is failed doctor Albert Pitzer who considers himself a scientist and hopes to gather data that prove his theories. However, Alvaus Luipert, a local schoolmaster, will not stand for his arrogant assumptions and demeaning methods. In the vast, majestic landscape of German South-West Africa, the fates of these five people intertwine and each one’s humanity is tested to the limit.

‘A love letter to a brutal landscape and the tale of one man’s defiance of inhumanity.’ – Harry Kalmer

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Unicorn Core 75 Flights (Kaleidoscope)
R31 R29 Discovery Miles 290
Cacharel Noa Eau De Toilette Spray…
R2,328 R1,154 Discovery Miles 11 540
Southpaw
Jake Gyllenhaal, Forest Whitaker, … DVD R99 R24 Discovery Miles 240
Bostik Art & Craft White Glue (100ml)
R33 R31 Discovery Miles 310
Paris Hilton Can Can Eau De Parfum Spray…
R811 R547 Discovery Miles 5 470
Samsung EO-IA500BBEGWW Wired In-ear…
R299 R199 Discovery Miles 1 990
Docking Edition Multi-Functional…
R1,099 R799 Discovery Miles 7 990
Dunlop Pro High Altitude Squash Ball…
R180 R155 Discovery Miles 1 550
Space Blankets (Adult)
 (1)
R16 Discovery Miles 160
Workout Crunch Support
R299 R119 Discovery Miles 1 190

 

Partners